Ons Liefdesverhaal
Dit het alles begin by 'n eenvoudige Facebook messenger boodskap:
Pixie - 30/6/23 15h12
Hi Kayla,
Dankie vir die aanvaar. Nou het jy 2 boere in die USA wat met jou chat.
Kayla - 30/6/23 15h51
Hi Jeandre
Dankie vir die uitnodiging. Ek dink amper dat die meeste goeie mans is nie meer in SA nie om eerlik te wees. Maar van die os op die jas,ekt net vandag vir Carla gese ek dink amper nie dai boer is heeltemal waarna ek opsoek is nie.
------------------
Carla was natuurlik die instigator, syt vir Pixie n boodskap gestuur terwyl hy in Amerika gewerk het en hom aangeraai om vir my n boodskap te stuur. Wat presies sy gese het om hom te oorreed, weet ek nie maar sy boodskap het dit tot in my inbox gemaak en die gesels het net nooit opgeraak nie.
Ons het 5 maande oor Whatsapp smollies gemaak voor ek hom die eerste keer ontmoet het in die Kaap. Ons het oor en weer gevlieg om soveel moontlik te maak van die 3 maande wat hy in SA was voor hy weer moet terug VSA toe vir nog n seisoen.
Dit was waarskynlik die moeilikste 9 maande sonder mekaar en Pixie het besluit om terug te kom huis toe vir goed sodat ons net ONS kon wees. Intussen het ons al vele avonture saam gehad, soveel plekke gesien, dinge gedoen en onder andere al 4 keer verhuis. Almal se altyd as jy saam kan trek dan kan jy trou, so hier is ons nou. Alhoewel ek nie my sin gekry het en op n zebra se rug gevra is om te trou nie, was dit deur en deur ons vibe. Kamp teen n rivier, te veel kreef gebraai, die honde was daar en (weereens) was Carla betrokke.
En nou is ons hier… hier is op die begin van die res van ons lewens.


Inligting
- DATUM: 19 September 2026
- TYD: 14:30 vir 15:00
- RSVP: 8 Augustus 2026
- DRAG: Semi-Formeel
- KINDERS: Slegs Volwasse Viering
- VENUE: Deannie Landgoed
Tydlyn
Spesiale Geleenthede
Trouregister
Ons nessie is reeds geveer, so 'n geldjie sal ons eerder waardeer.
Nabygeleë besienswaardighede
Wynproe
Naby verblyf
Aanbeveel




VENUE
LIGGING EN KAART
- Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontantlose Stigting
- GEEN Drankies Van Buite Toegelaat
- www.deannielandgoed.co.za
MOET WEET
Wat is die kleredragkode?
Aangesien die seremonie in ‘n bosomgewing mag plaasvind en gaste aangemoedig word om die dansvloer deur die aand te geniet, stel ons vriendelik voor dat u gemaklike skoene dra wat geskik is vir buitelugterrein en dans.
Wanneer Moet Ek Aankom?
Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons vra vriendelik dat gaste asseblief 15 minute vroeër arriveer om rustig hul sitplekke in te neem.
Die kroeg is oop een uur voor die seremonie, en gaste is welkom om vooraf drankies op die dek te geniet voordat die seremonie begin.
Ontkoppelde Seremonie
Ons is bevoorreg om ’n professionele fotograaf te hê wat ons spesiale dag vasvang, en ons vra vriendelik dat gaste hul selfone en kameras tydens die seremonie wegpak en die oomblik saam met ons geniet.
Ons wil graag hê almal moet ten volle teenwoordig wees terwyl ons hierdie betekenisvolle geleentheid saam vier.
Foto’s en video’s tydens die onthaal is natuurlik meer as welkom.
Kroegbeleid
Neem asseblief kennis dat Deannie Landgoed ’n streng beleid handhaaf rakende geen buitekos of drankies nie.
Die venue beskik oor ’n volledig gelisensieerde en goed toegeruste kroeg vir die gerief en genot van alle gaste.
Neem ook asseblief kennis dat die kroeg kontantloos funksioneer, en kaartbetalingsgeriewe deur die geleentheid beskikbaar sal wees.
Parkering
Ja! Gratis parkeerplek sal op die perseel beskikbaar wees vir alle gaste.
Parkeerbeamptes sal beskikbaar wees om u met aankoms te verwelkom en te help met aanwysings vir ’n gemaklike en vlot ervaring.
Is Kinders Welkom?
Ons is baie lief vir julle kleingoed.
Ongelukkig is hierdie ’n slegs-volwassenes viering.
Onhaaltyd
Ons onthaalviering eindig om 23:30.
Ons hoop julle sal saam met ons dans, vier en elke spesiale oomblik geniet tot en met die heel laaste liedjie.
Drankies En Kroeg?
Voordrankies is op ons — daarna sal drankies vir eie rekening wees.